• Protea_-Pink_Ice-.jpg
  • 008.jpg
  • IngangRoossenekal.jpg
  • Bhanga-Nek-026.jpg

Welkom by die Roossenekal Toerismevereniging

Die Roossenekal Toerismevereniging is gesetel in Roossenekal in die Limpopo Provinsie. 
Die doel van hierdie Vereniging is om die omgewing bekend te stel.

Op 28 Maart 1885 is die gebied om Roossenekal as 'n afsonderlike wyk by distrik Middelburg geproklameer.  Dit was bekend as die Mapochsgronden. Voor 1883 het die grond behoort aan Mapoch en sy seun Njabel.   Hulle het in die heuwels in grotte gebly en was landbouers en veeboere.

Op 18 Augustus 1882 het Mampoer sy halwebroer Secucuni vermoor en vlug toe in die grotte in waar Mapoch en sy seun hom skuiling bied. Paul Kruger versoek hulle om hom uit te lewer en hulle weier, Onder leiding van Kmdt. Genl. Piet Joubert word 'n straf-komando gestuur om Mampoer te gaan uithaal.  In die komando was Veldkornet Roos en Komandant Senekal. In die oorlog wat volg is Mampoer eers in Julie 1883 uitgelewer.  Heelwat mense het gesterf asook Roos en Senekal.

Mapoch verloor sy onafhanklikheid en die grond word in verskillende plase opgedeel om die gebied te beveilig.

In 1886 verskyn 'n proklamasie in staatskoerant en die dorp Roossenekal word gestig. Van die redes was dat dit op die pad is van die trekboere na die bosveld en ook as buffer vir aanvalle van die plaaslike bevolking sou dien.

Roossenekal is 'n baie klein dorpie. Daar is 'n paar privaat eienaar winkels, bottelstoor, vulstasie, polisiestasie poskantoor , Munisipaliteit, steenmakers, granietfabriek, 2 kerke, 2 laerskole en 'n hoërskool.  Dit bly nog steeds die middelpunt van die plaasgemeenskap.

Besienwaardighede om en in Roossenekal is:

  • Roossenekal Laerskool, gestig ongegeveer 1913
  • Laersdrift Laerskool, gestig ongeveer 1907
  • NG Kerk Roossenekal geleë Laersdrift, gestig 1885
  • Nederduitche Hervormde Kerk, gestig 16 April 1890
  • Gereformeerde Kerk Stoffberg, gestig 6 Maart 1906
  • AGS Roossenekal Kerk, gestig 1908
  • Suid-Afrikaanse Polisiekantoor, Laersdrift opgerig in 1910
  • Vlugkraaldam gebou in Vlugtkraal loop 6 km vanaf Roossenekal
  • Tonteldoosdam in die Tonteldoosloop sowat 23 km vanaf Roossenekal
  • De Hoop Dam kapasiteit 347 miljoen liter.
  • Daar is heelwat oorlogsgrafte in en buite Roossenekal
  • Die Mapochsgrotte
  • Volop hengelgeleenthede in die omgewing – van forel tot swartbaars en kurpers.
  • In die somer is daar verskillende natuurlike lelies wat in die veld te sien is waarvan die Geelvarkore die mees bekende is (Zantedescha Familie Aracea)